N12 oop maar motoriste moet versigtig wees

Die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp was teen 10:00 vanoggend (25 Junie) weer oop vir verkeer.

Die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp was teen 10:00 vanoggend (25 Junie) weer oop vir verkeer.

Motoriste is steeds gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle verby Ikageng, veral by die Sarafina-ingang, ry.

Vanoggend omstreeks 08:30 was die pad met klippe en brandende bande versper. Die plaaslike verkeer en brandweer was op die toneel waarna hulle die brande geblus het en uit die pad geskuif het.

Daar was vanoggend ook gerugte dat mense voertuie met klippe bestook, die betogers het weg van die N12 af beweeg. Die Sarafina-ingang is tans met brandende vullis versper.

Dit is die tweede dag dat die area onder betogings gebuk gaan.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version