Man beroof deur drie gewapende mans

'n Man is verlede Vrydagaand (24 Mei) deur drie mans met messe gedreig en beroof, nadat een van hulle vroeër sy selfoon gegryp en hy dit probeer terugkry het.

‘n Man is verlede Vrydagaand (24 Mei) deur drie mans met messe gedreig en beroof, nadat een van hulle vroeër sy selfoon gegryp en hy dit probeer terugkry het.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die man saam met van sy vriende na ‘n kitsbank in Walter Sisululaan gery. Sy vriende het geld gaan trek terwyl hy in die motor vir hulle gewag het. Hy was besig om sy selfoon te gebruik toe ‘n man sy selfoon deur die venster gegryp en gevlug het.

Die man het kort daarna, terwyl hulle in hul motor by die straat afgery het, die verdagte wat sy selfoon gegryp het langs ‘n huis sien sit.

Hulle het stilgehou en hy het na die verdagte gegaan om hom te konfronteer, maar is vinnig deur nog twee mans, gewapen met messe, voorgekeer. Die drie (die een wat vroeër sy selfoon gesteel het en sy twee maats) het die man met hul messe gedreig voor hulle sy beursie ook gevat en gevlug het.

‘n Polisieman wat in die omgewing was, het die verdagtes sien vlug. Hy het hulle agternagesit en kon daarin slaag om al drie verdagtes in hegtenis te neem.

Nog top stories:

Drie vas na gewapende roof op Bult Woensdagaand

Rowers dreig vrou met vuurwapen

Exit mobile version