NewsNews

Matriekmeisie leef in vrees na aanval

"Hy het gesê ons moet maar 'n kis reg kry en begrafniss reëlings maak,"

“Hy het gesê ons moet maar ‘n kis regkry en begrafnisreëlings maak,” 

Dit is die woorde van ‘n bekommerde pa wie se matriekdogter al ‘n paar keer deur haar ex-kêrel ernstig aangerand is.

Volgens Shuping Molutsi, lewe sy dogter Lebogang Tiro, in vrees en dit voel vir hom of die polisie niks doen nie.

“In 2018 het hy haar so erg aangerand dat sy ‘n week in die hositaal moes deurbring. Sondag toe sy oppad terug van ekstra klasse af kom het hy haar weer aangerand. Hy het haar gesig as ‘n slaansak gebruik waarna sy weer hospitaal toe moes gaan,” het dié woedende pa gesê.
Volgens Molutsi is die verdagte in 2018 in hegtenis geneem
, maar is op borgtog vry gelaat. 

“Die beskermingsbevel teen hom help nie. Die speurder wat die saak hanteer is ook nooit beskikbaar nie. Hy wil haar dood maak,” het Molutsi gesê.
Volgens Nani Tiro, die meisie se ma
, het die verdagte vir vier jaar met haar dogter uitgegaan maar kan nie aanvaar dat die verhouding verby is nie.
“Die wet moet mense beskerm maar dit is besig om ons in die steek te laat. Hy kry borg elke keer wat hy in hegtenis geneem
word en dan hou hy net aan om my dogter te teister,” het sy gesê.
Volgens Molutsi is hy lus om die w
et in eie hande te neem omdat dit nie lyk of die polisie hulle ernstig opneem nie. 

“Dalk sal hulle optree wanneer my dogter dood is,” het hy gesê
Teen tyde van publikasie het die Ikageng polisiestasie nie op die Herald se versoek op kommentaar reageer nie.

Related Articles

Back to top button