Bult projek werp vrugte af

Die Cachet Park CID 'n projek op die Bult wat voortaan vir verskeie dienste, onder andere veiligheid, op die Bult verantwoordelik is, is besig om vrugte af te werp.

Die Cachet Park CID ‘n projek op die Bult wat voortaan vir verskeie dienste, onder andere veiligheid, op die Bult verantwoordelik is, is besig om vrugte af te werp.

Volgens ‘n verklaring op die projek se Facebookblad is twee dwlemhandelaars (vermom as selfaangestelde “karwagte”) gisteroggend (1 Mei)  vasgetrek. Vanoggend (2 Mei) is nog ‘n misdadiger in die area voorgekeer.

“Omstreeks 04:00 is ‘n verdagte  deur middel van CCTV-kameras geïdentifiseer. Ons gewapende reaksie-voertuig het hom buite die hekke van ‘n kompleks in Steve Biko Straat vasgetrek. Toe hy deursoek was, is o.a. die sleutels van ‘n vroulike student – met haar studentekaart en afstandbeheer van ‘n kompleks, asook baie geld en gesteelde goedere in sy besit gevind. Die polisie is betrek,” lui die verklaring.

Die se NWU-Beskermingsdienste is in die proses om by die student wie se kaart aan die bos sleutels was, vas te stel onder watter omstadighede haar sleutels in die verdagte se besit gekom het.

Volgens die verklaring gee die verdagte voor dat hy  doof/stom is en wys ‘n sertifikaat wat dit bevestig. Hy vra deur middel van gebaretaal vir geld.

“Indien jou sleutels, studentekaart, en/of afstandbeheer wegraak of gesteel word – meld dit onmiddellik by Beskermingsdienste op Kampus of by die Sekuriteitsentrum op Cachetpark aan. Jou sleutels en studentekaart gee   aan persone met kriminele bedoelings ‘n vrypas,” lui ‘n waarskuwing in die verklaring.

Die projek het Mooiriver Beskerming, die polisie en NWU-Beskermingsdienste  vir die knap werk wat hulle verrig het.

“Saam sal ons die hele Bult-omgewing opnuut “ons plek” maak,” sluit die verklaring af

Exit mobile version