Local newsNewsNews

Ons Hulde se pragpaartjie staan op trou

Die liefde blom behoorlik by SAVF Ons Hulde met twee geliefde inwoners, Frans Coetzee (81) en Hannetjie du Plessis (63) wat op 2 Maart in Ons Hulde se pragtige tuin gaan trou. Volgens Frans kon hy nooit vir Hannetjie vra om te trou nie, omdat hy nie ‘n ring gehad het nie. Izelle Kruger, die …

Die liefde blom behoorlik by SAVF Ons Hulde met twee geliefde inwoners, Frans Coetzee (81) en Hannetjie du Plessis (63) wat op 2 Maart in Ons Hulde se pragtige tuin gaan trou.

Volgens Frans kon hy nooit vir Hannetjie vra om te trou nie, omdat hy nie ‘n ring gehad het nie. Izelle Kruger, die maatskaplike werker by SAVF Ons Hulde, het toe besluit om hulle drome waar te maak en danksy ‘n klomp borge se inisiatief en hulp kon hulle die ringe bekostig en ook die troue volledig beplan en reël. Ongeveer 150 gaste gaan die onthaal bywoon wat beslis as Ons Hulde se byeenkoms van die jaar bestempel kan word.

loofde inwoners, Frans Coetzee (81) en Hannetjie du Plessis (63) gaan in Maart trou en hulle drome bewaarheid. Hierdie paartjie is dolverlief en kan nie wag om die knoop in ons Hulde se pragtige Alzheimer-tuin deur te hak nie
loofde inwoners, Frans Coetzee (81) en Hannetjie du Plessis (63) gaan in Maart trou en hulle drome bewaarheid. Hierdie paartjie is dolverlief en kan nie wag om die knoop in ons Hulde se pragtige Alzheimer-tuin deur te hak nie. Foto: Wouter Pienaar

“Dit was ‘n spesiale oomblik toe Frans op sy knieë gaan om Hannetjie te vra om te trou. Die verlowing het in ons Alzheimer-tuin gebeur en Frans het spesifiek genoem dat Hannetjie ‘n wit rok met ‘n sluier moet dra,” vertel Izelle opgewonde.

rans Coetzee (81) gaan op sy knieë om vir Hannetjie du Plessis te vra om te trou. Dit is juis in hierdie tuin waar hierdie verloofdes van SAVF Ons Hulde ewige trou op 2 Maart gaan beloof
Frans Coetzee (81) gaan op sy knieë om vir Hannetjie du Plessis te vra om te trou. Dit is juis in hierdie tuin waar hierdie verloofdes van SAVF Ons Hulde ewige trou op 2 Maart gaan beloof

Die kersie op die koek is dat Frans ook op 2 Maart verjaar en sommer sy 82ste verjaarsdag saam met die bruilof gaan vier.

“As die dominee sê dat ek die sluier kan oplig gaan ek nie wag om haar op my verjaarsdag te soen nie,” noem Frans, terwyl ‘n stralende Hannetjie haar spoggerige verloofring wys.

Lees die volledige storie in hierdie week (31 Januarie) se Potchefstroom Herald. 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button