NewsNews

VIDEO: Potch vrywilligers saam met PAWS om diere van brand te red

Ongeveer vier bakkies vol vrywilligers is gisteraand (30 Januarie) omstreeks 20:00 na PurrPaws in die Vaaldriehoek om diere van 'n brand te red.

 

Ongeveer vier bakkies vol vrywilligers is gisteraand (30 Januarie) omstreeks 20:00 na PurrPaws in die Vaaldriehoek om diere van ‘n brand te red.

‘n Brand het gisteraand by dié dierskuiling uitgebreek. Volgens die Herald se susterkoerant, Vaalweekblad is ongeveer 30 diere tydens die brand dood.

Die vrywilligers van Potchefstroom het nagenoeg 50 diere gered. Dié diere is almal terug Potchefstroom toe geneem.

‘n Uitgeputde Herman van der Sluis, bestuurder van Paws het gesê dat die diere intussen na Tip Top kennels geneem is. Die span het tot ongeveer 03:00 vanoggend gewerk om die diere te beveilig.

“Ons kon nie beplan vir so iets nie, daar is nou 50 diere wat kos en veearts behandeling moet kry. Ons het eintlik nie plek vir al die diere nie. So die behoefte is op die oomblik baie groot,” het hy gesê.

PAWS vra dat enige iemand wat kan help om diere te “foster”, sagte kos kan skenk of finansieel kan bydra tot die diere se versorging om PAWS se kantoor by 071 681 9264 te kontak of vir Herman persoonlik by 082 3749983

 

Van die vrywilligers van Potch wat PAWS bygestaan het. FOTO: FACEBOOK

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button