Kom ons praat tegnologie

MTN verlaag prepaid out-of-bundle pryse en brein agter ‘Please Call Me’ eis R70 miljard van Vodacom. Die Herald bring jou op datum met die nuutste plaaslike en internasionale tegnologiese nuus.

MTN verlaag prepaid out-of-bundle pryse

Volgens ʼn artikel deur MyBroadband het die selfoonnetwerk maatskappy MTN aangekondig dat hulle hul ‘out-of-bundle’ datakoste met tot 75% vir prepaid kliënte gaan verlaag.

Die operateur het gesê prepaid kliënte wat nie gebruik maak van databondels nie, slegs R0.29 per MB vir data gaan betaal terwyl kliënte wat databondels gebruik nou R0.49 per MB gaan betaal vir datagebruik buite die databondel.

Weens die grootte van MTN se kliëntebasis, sal die verandering aan al hul prepaid kliente oor ʼn tydperk van sewe dae gedoen word. Die prysverandering begin vandag (31 Januarie).

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: MyBroadband

 

Brein agter ‘Please Call Me’ eis R70 miljard van Vodacom

Die man wat agter die ‘Please-Call-Me’ idee is, wil nou R70 miljard van Vodacom vir sy uitvindsel hê.

Volgens ʼn artikel deur BusinessTech is Kenneth Nkosana Makate glad nie tevrede met die R46 miljoen wat Vodacom hom vir sy aandeel aangebied het nie, en eis dat dié maatskappy R70 miljard moet opdok – dit is byna ʼn derde van die maatskappy se mark-kapitalisasie.

Vodacom het sy hoofkantoor in Midrand vandag (31 Januarie) toegemaak uit vrees vir ʼn protesaksie deur lede van die ‘Please-Call-Me’-beweging. ʼn Rustige optog het glo vanoggend buite Vodacom World plaasgevind.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: BusinessTech

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version