NewsNews

HK-Lede weer terug op pos na beweerde ontgroeningsvoorval

Nege huiskomiteelede van Caput manskoshuis wat onlangs tydelik van hulle posisies geskors is, is weer op hulle pos.

Nege huiskomiteelede van Caput manskoshuis wat onlangs tydelik van hulle posisies geskors is, is weer op hulle pos.
Dit volg nadat die Noordwes-Universiteit (NWU) ’n ondersoek van stapel gestuur het na ’n beweerde ontgroenings-voorval.
Rapport het berig dat die voorval op 12 Januarie in die koshuis se ontspanningsaal plaasgevind het. Volgens Rapport het een van die HK lede glo die verwarmers in die saal aangeskakel terwyl die eerstejaars daar moes wag. Dit is onduidelik hoe lank die groep in die saal moes wag. Slegs die Primarius van die koshuis is nie geskors nie.
Volgens Louis Jacobs, direkteur van korporatiewe kommunikasie, is die ondersoek nou voltooi en die skorsing van die lede sal amptelik vanaf Donderdag opgehef word.
Die skorsing word opgehef op voorwaarde dat al nege HK-lede ’n program voltooi wat op korrektiewe maatreëls fokus,” het hy gesê.
By verdere navrae het Jacobs benadruk dat die universiteit enige menseregte kwessies in ’n baie ernstige lig sien en dat enige ontgroeningspraktyk nie geduld sal word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button