NewsNews

Kom ons praat tegnologie

Israeliese wetenskaplikes sê hul gaan binne ʼn jaar kanker kan genees; KVBA stel ʼn gratis web-hulpmiddel vir kleinbesighede bekend en Apple gaan dalk iPhones goedkoper maak. Die Herald bring jou op datum met die nuutste plaaslike en internasionale tegnologiese nuus.

Israeliese wetenskaplikes sê hul gaan binne ʼn jaar kanker kan genees

Volgens ʼn artikel in MyBroadband het wetenskaplikes vanuit Israel onlangs gesê hulle gaan dalk binne ʼn jaar kanker kan genees. Volgens hulle sal dit bekostigbaar en vinnig wees, en sal dit min newe-effekte vir pasiënte inhou.

Accelerated Evolution Biotechnologies (AEBi) is glo besig om dié behandeling te ontwikkel. AEBi-voorsitter Dan Aridor is positief dat hulle binne ʼn jaar die behandeling, wat bekend staan as MuTaTo (multi-target toxin) vir kanker sal hê. Dié behandeling werk glo soos ʼn antibiotika vir kanker.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: MyBroadband
Foto: MyBroadband

 

KVBA stel ʼn gratis web-hulpmiddel vir kleinbesighede bekend

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA/CCMA), in samewerking met BUSA (Business Unity South Africa) het pas ʼn gratis web-hulpmiddel om kleinbesighede te help met arbeidskwessies bekendgestel.

Volgens ʼn artikel deur BusinessTech beskik baie Suid-Afrikaanse kleinbesighede nie van interne deskundigheid wanneer dit kom by arbeidswette kom nie. Hulle het soms ook nie die finansiële hulpbronne om ten volle die las wat met die aanstelling en bestuur van personeel gepaard gaan te dra nie.

Die nuwe hulpbron bevat inligting oor wetgewings rondom indiensneming sowel as nasionale minimum-lone. Dit het ook template van kontrakte, inligtingsblaaie en gidse oor die arbeidswet wat vrylik gebruik kan word.

Die CCMA & BUSA webblad kan hier besoek word: https://smelaboursupport.org.za/

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: BusinessTech
Foto: BusinessTech

 

Apple gaan dalk iPhones goedkoper maak

iPhone-aanhangers wat nie ʼn iPhone kan bekostig nie gaan dalk binnekort goeie nuus kry. Volgens ʼn artikel deur Tech Central oorweeg Apple om na afloop van verswakte verkope hul iPhone-pryse te verlaag.

Dié maatskappy se finansiële verslae het gewys dat iPhone-inkomste verlede jaar met 15% gedaal het. HUB Tim Cook sê Apple kyk nou daarna om hul iPhone fone se pryse in sommige lande aan te pas. Cook sê die wisselkoers van die Amerikaanse dollar veroorsaak dat hul produkte in baie dele van die wêreld duurder as ander maatskappye is.

Apple gaan probeer om eerder hul kliente te beskerm teen ʼn onstabiele wisselkoers deur hul pryse aan te pas. Dit is nog nie bekend in watter lande pryse verlaag sal word nie.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: Tech Central
Foto: Tech Central

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button