NewsNews

Kom ons praat tegnologie

Bitcoin nou minder werd as wat dit kos om te myn; Zuckerberg wil WhatsApp-, Facebook- en Instagram-geselsies integreer en Fortnite-spelers oorkom ʼn kubersekuriteitskwessie. Die Herald bring jou op datum met die nuutste plaaslike en internasionale tegnologiese nuus.

Bitcoin nou minder werd as wat dit kos om te myn

Volgens ʼn artikel in BusinessTech kos dit omstreeks $4,060 (R 55 286.64) om een Bitcoin te maak en op die oomblik is ʼn Bitcoin minder as $3,600 (R49 022.64) werd. Ontleders by JPMorgan Chase & Co., die Amerikaanse beleggingsbank, het onlangs hierdie ontleding bekendgemaak.

Hulle sê wel dat Bitcoin myners wyd rondom die gemiddeld versprei is, wat beteken dat daar duidelike groepe van mense is wat geld maak, sowel as geld verloor.

Bitcoin myners se grootste deurlopende uitgawe is elektrisiteitsverbruik wat benodig is om die Bitcoin mynprogramme te laat loop.

Bitcoin waardes het vanaf Oktober 2018 geval van rondom $6,500 (R 88 513.10) tot waar dit nou al onder $4,000 (R 54 469.60) werd is. Volgens BusinessTech blyk dit dat Chinese myners wat gebruik maak van baie goedkoper elektrisiteitsdienste, baie minder betaal om Bitcoin te myn.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: Shuttershock
Foto: Shuttershock

 

Zuckerberg wil WhatsApp-, Facebook- en Instagram-geselsies integreer

Volgens ʼn artikel deur MyBroadband beplan die sosiale media-reus Mark Zuckerberg om die gesels-funkies van WhatsApp, Facebook en Instagram te integreer.

Hierdie verandering kan hom help om beter geteikende advertensies aan individue bloot te stel en ook om sy saak teen ʼn opbreek deur reguleerders te versterk. Volgens MyBroadband beplan Zuckerberg om die drie platforms se boodskapdienste slegs agter die skerms te koppel, gebruikers sal steeds elkeen as ʼn individuele toep gebruik.

Facebook het glo gesê dat dié strategie ook gebruikers se privaatheid sal bevorder deur ʼn enkripsie bekend te stel om die boodskappe so te beskerm dat niemand dit kan sien behalwe die partye wat deelneem aan die gesprek nie.

Facebook het verder gesê dat hulle aan ʼn manier werk om dit makliker te maak vir gebruikers om met vriende en familie oor verskeie netwerke te kommunikeer. WhatsApp laat ʼn gebruiker toe om ʼn profiel oop te maak deur slegs ʼn selfoonnommer te gebruik en Instagram laat ʼn individu toe om verskeie anonieme profiele oop te maak. Zuckerberg se visie is volgens MyBroadband om ʼn diens te lewer waar mense van hul werklike identiteite gebruik maak.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: nmfnewsonline
Foto: nmfnewsonline

 

Fortnite-spelers oorkom ʼn kubersekuriteitskwessie

Met byna 80 miljoen spelers wêreldwyd, is Fortnite ʼn baie gewilde aanlynspeletjie. Fortnite het onlangs bevestig dat dié speletjie een ernstige swakpunt gehad het, en dit is ʼn sekuriteitsprobleem wat kuberkriminele maklik kon misbruik.

TechSmart berig dat navorsers by Check Point Software Technologies dié swakpunt gevind het. Indien ʼn kuberkrimineel op die swakpunt afgekom het, sou dit hom volle toegang tot ʼn speler se profiel en persoonlike inligting kon gee. So ʼn krimineel sou boonop nog kon gebruik maak van die speler se bankbesonderhede om aankope binne die speletjie te maak.

Hierdie is wel nie die einde tot wat sou kon gebeur as so swakpunt misbruik is nie. Dit sou ʼn groot skending van privaatheid inhou aangesien ʼn kuberkrimineel so ook sou kon luister na binne-speletjie geselsies sowel as geluide vanuit die speler se huis of plek vanwaar hy of sy speel.

Hoewel daar verskeie maniere is waarop hierdie kon skeefloop, hoef Fortnite-spelers glo nie nou daaroor bekommerd te wees nie aangesien Epic Games die swakpunte reggemaak het toe Check Point hul daarvan ingelig het.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: TechSmart
Foto: TechSmart

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button