NewsNews

Kom ons praat tegnologie

Soweto skuld Eskom R17 biljoen; Uber stel ‘Lite’-weergawe van toep in Suid-Afrika bekend en helfte van alle Faceboekprofiele is vals. Die Herald bring jou op datum met die nuutste plaaslike en internasionale tegnologiese nuus.

Soweto skuld Eskom R17 biljoen

Volgens ʼn artikel deur Briefly is Soweto vir sowat helfte van die nasionale munisipale skuld aan Eskom verantwoordelik.

Volgens Eskom se 2018/2019 finansiëleverslae, is dié staatsmaatskappy sowat R419 biljoen in die skuld. Munisipale skuld staan op R34 biljoen waarvan Soweto alleenlik vir sowat helfte daarvan verantwoordelik is. Dié groot uitstaande bedrag is glo weens inwoners wat versuim om prepaid meters te laat installeer.

Eskom se algemene bestuurder wat vir kliëntediens verantwoordelik is, Thys Möller het volgens Briefly gesê dat die munisipale skuld aanhou groei en dit onvolhoubaar geword het. Hy sê munisipale skuld is nou nie meer net ʼn Eskom probleem nie, maar ʼn nasionale probleem.

Lees die oorspronklike artikel hier. 

Foto: The Citizen
Foto: The Citizen

Uber stel ‘Lite’-weergawe van toep in Suid-Afrika bekend

Die bekende aanlyn-vervoerdiens Uber het onlangs ʼn ‘Lite’ weergawe van die Uber-toep in Suid-Afrika bekendgestel. Dit is om dit makliker te maak vir mense om in swak internet-areas van dié diens gebruik te maak.

Die Uber Lite toep, wat net vir Android slimfone beskikbaar is, is ontwerp om dit vir gebruikers makliker te maak om vervoer te reël waar daar lae internetspoed en swak sein is. Die toep werk met beperkte dataplanne.

Dié toep neem glo net 5mb van jou selfoonspasie op en al is ʼn gebruiker se internet-toegang swak of stadig, kan jy steeds vinnig jou vervoer met die Uber Lite toep reël.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: IOL
Foto: IOL

Helfte van alle Facebookprofiele is vals

Volgens ʼn artikel deur MyBroadband is helfte van al die profiele op Facebook, nie eg nie. Hierdie inligting het glo uitgekom na ʼn verslag deur PlainSite op 24 Januarie gepubliseer is.

Die verslag beweer dat die hoeveelheid vals Facebookprofiele heel moontlik meer as 50% van al die Facebookprofiele is.

Die verslag is deur Aaron Greenspan, ʼn voormalige Harvard medestudent van Mark Zuckerberg, saamgestel. In die verslag vertel Greenspan in detail wat hy van Facebook se geskiedenis weet en hoe Facebook na bewering op vals profiele staat maak om inkomste en advertensies ʼn hupstoot te gee.

Lees die oorspronklike artikel hier.

Foto: SocialChamps
Foto: SocialChamps

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button