CommunityLifestyleNewsRecipes

Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Wen jou eie brokkie lip-lek-lekker geskiedenis

Hartskombuis is ‘n resepteboek wat saamgestel is deur historici verbonde aan die Oorlogmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein.  Hierdie resepte boek bevat meer as 100 respte vir alles van boerreworspastei en watertandlekker tamatiebredie tot pampoenkoekies en ‘n magdom nageregte en gebak.

Dit is volgeprop met tydlose Boerekosresepte, historiese brokkis en pragtige foto’s van voorwerpe uit die Anglo-Boereoorlog.  Die skrywers verweef die resepte naatloos met inligting oor hoe die Boere gedurende die oorlog kos ingesamel en gemaak het.  Tussendeur is daar fassinerende verhale soos dié van Nonnie de la Ray, vrou van genl. Koos de la Ray, wat op haar eie in die veld oorleef het.

Alles van appelblatjang en vele meer bêre resepte.

Die boek bevat ook etlike resepte van disse wat uit die oorlog dateer, byvoorbeeld bontspan (sosaties), stormjaers (vetkoek) en komandorys wat die Boerekrygers te velde geeet het.  Na dié oorlog het Afrikaner-patriotisme weer tot uiting gekom in fyngebak soos Generaal De Wet-koek en Generaal Smuts-koekies wat na die Boeregeneraals vernoem is.

Hoe is biltong gemaak en hoe jy dit vandag kan kry soos oupa van die plaas sin.

Hierdie geskiedenis ryke resepte boek kan joune wees deur een maklike vraag te beantwoord.

Met ‘n boek soos hierdie was geskiedenis nog nooit so verteerbaar nie.

Skryf in en wees die eienaar van jou eie stukkie kosgeskiedenis.

 

Vraag:  Waaraan is die historici verbonde.

Stuur jou antwoord na Maryke.vanheerden@media24.com met die onderwerplyn as “Resepteboek”.  ‘n Gelukkige wenner sal uit die korrekte antwoorde getrek word.

Kompetisie sluit 29 Januarie 17:00.

Bepalings en voorwaardes geld.

Related Articles

Back to top button