NewsNews

Rooi en raar, dokumentêr vanaand by Oudit

Mans, het die aktrise Lucille Ball gesê, raak een keer in hulle lewe smoorverlief op ’n asemrowende rooikopvrou.

Mans, het die aktrise Lucille Ball gesê, raak een keer in hulle lewe smoorverlief op ’n asemrowende rooikopvrou.
Op Donderdag, 15 November kan Potchefstromers, of hulle rooikoppe het of nie, ’n dokumentêre video met die titel Rooi en Raar in die Sanlam-ouditorium van die NWU kom kyk.
Die uurlange rolprent begin om 19:00 draai en toegang is gratis.
Die dokumentêr is ’n klasprojek van die 2018-honneursklas onder leiding van prof. Attie Gerber. Die video kyk omtrent na alles van rooikoppe… genetika, geskiedenis, beroemde rooikoppe, rooikoppe in die kuns en vermaaklikheid, stereotipes en skelname, hulle berugte humeur, en wat moet rooikopkinders moet doen as hulle geboelie word.Deelnemers aan die video sluit in aktrises, professionele fotograwe, genetici, sielkundiges, kunskenners, studente, onderwysers, leerders, hulle ouers, en nog vele wat dit durf waag om iets oor rooikoppe te sê het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button