NewsNews

Plan vir waterprobleem in Bailliepark

Die waterprobleme wat inwoners van Bailliepark en omliggende woongebiede ervaar, is steeds nie opgelos nie.

Die waterprobleme wat inwoners van Bailliepark en omliggende woongebiede ervaar, is steeds nie opgelos nie.

 

Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, is die pyplyn wat water in die reservoir pomp, foutief.
‘n Nuwe pyp is bestel maar sal eers Vrydag (16 November) hier wees, waarna herstelwerk sal begin. Ons hoop dat alles teen Saterdag terug na normaal sal wees,” het hy gesê.

Die areas wat moontlik sonder water sal wees sluit Bailliepark, Vyfhoek, Van der Hoffpark en Mooivalleipark in. Maphosa het inwoners gemaan om water te probeer bespaar, aangesien die hittegolf ‘n impak het op al die munisipaliteit se reservoirs.
Dit volg nadat daar herstelwerk op 12 Oktober deur die munisipaliteit gedoen is om die probleem te probeer oplos.
Volgens Nicolize van der Walt, provinsiale DA-woordvoerder, het die DA wyksraadslid die afgelope weke verskeie vergaderings met rolspelers gehad en is daar na die oorsaak van die probleem gesoek.
Volgens ’n WhatsApp-boodskap wat deur ‘n inwoner van Bailliepark gedeel is is die reservoir slegs 34% vol.
‘n Maand gelede toe die Herald die eerste keer oor die kwessie berig het, het Marius van der Walt van die departement van infrastruktuur aan die Herald gesê dat die reservoir 50% vol is.
“Indien mense in dié areas hul water tot slegs huishoudelike gebruik kan beperk, behoort ons binne ‘n week die reservoir op 75% te kry, wat genoeg is om oral genoeg druk te voorsien,” het Van der Walt destyds aan die Herald gesê.
Volgens Cerozane Welgemoed, ‘n inwoner in Weyerstraat, het die probleem met waterdruk ongeveer twee weke na die herstelwerk weer begin.
“Ons doen ‘n beroep op alle inwoners om nie hulle tuine gedurende die dag nat te maak nie, om emmers in plaas van tuinslange te gebruik wanneer hulle hul motors was en om besems in plaas van tuinslange te gebruik wanneer opritte skoongemaak word.
Almal moet asseblief elke waterbesparingsmaatreël oorweeg tydens dié tydperk,” het Maphosa gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button