Taxi-eienaars gaan Woensdag in Potchefstroom betoog

Verskeie wettige taxi-eienaars beplan om Woensdag 17 Oktober die strate in te vaar om teen die rooftaxi-bedryf te betoog.

Verskeie wettige taxi-eienaars beplan om Woensdag 17 Oktober die strate in te vaar om teen die rooftaxi-bedryf te betoog.
Die Herald het onlangs berig dat baie wettige taxi-eienaars se besighede erg skade ly as gevolg van die bedrywighede van onwettige of “rooftaxi’s”.
Taxi-eienaars glo dat hulle pleidooi op dowe ore val aangesien die verkeersafdeling hulle nie teen onwettige taxi’s beskerm nie.
Die munisipaliteit het op sy beurt gesê dat hulle wel wetstoepassing doen en waar toepaslik, lê hulle beslag op onveilige en onwettige taxi’s.
Die optog word beplan vanaf 09:00. Dit sal na verwagting by die Ikageng-stadion begin en by die munisipale kantoor eindig.

 

“Oorlog kan enige tyd uitbreek” sê Taxi-eienaars

Illegal taxis cause headache for operators’ committee

 

 

https://www.nbcarsales.co.za/
Exit mobile version