NewsNews

Water kopseer vir Bailliepark inwoners

Na aanleiding van 'n Whatsapp stemboodskap sal Bailliepark, dele van Grimbeekpark en dele van Van der Hoffpark se water van Vrydag (12 Oktober) afgesit word sodat die munisipaliteit die probleem kan oplos. As dinge volgens plan verloop behoort alles teen Saterdagaand weer terug na normaal keer.

Talle inwoners het hulself tot Facebook gewend om die aanhoudende waterprobleem in Bailliepark aan te spreek.
Volgens Marius van der Walt van die departement van infrastruktuur is die reservoir wat Grimbeekpark en Bailliepark se water voorsien, slegs ongeveer 50% vol.
Dit beteken daar is nie genoeg water om oral gelyk genoeg waterdruk te voorsien nie. Volgens hom is hulle besig om water in die reservoir te pomp, maar dit is ‘n stadige proses omdat, soos wat hulle pomp, daar steeds water gebruik word.
“Indien mense in dié areas hul water tot slegs huishoudelike gebruik kan beperk, behoort ons binne ‘n week die reservoir op 75% te kry wat genoeg is om oral genoeg drukking te voorsien,” het hy gesê.
Volgens Cerozane Welgemoed, inwoner in Weyerstraat, het die probleem sowat twee weke gelede ontstaan toe die waterdruk baie swak was. Teen Vrydag 5 Oktober was daar glad nie water nie. Volgens haar was daar eers teen laataand weer water, maar die drukking was swak.
“Ek het Dinsdag eers omtrent 21:30 water in die bad getap. Teen die tyd dat daar genoeg water in die bad is, is die water al weer koud,” het sy gesê. Welgemoed sê dis erg frustrerend dat mense so moet sukkel. Haar vriendin wat in Gabrustraat woon, het dieselfde probleme ondervind. Teen Woensdagmiddag omstreeks 14:00 het Welgemoed en haar gesin steeds nie water gehad nie. Volgens Anné van Onselen, wyksraadslid van die area, is sy bewus van die probleem.
“Dit geniet prioriteit aandag en die betrokke amptenare werk hard om die probleem op te los,” het sy gesê.
Volgens haar hou sy deurlopend die areas in haar wyk wat deur die probleem geraak word op hoogte van hoe alles vorder.
“Ek het aangebied om water na mense aan te ry,” het sy gesê. Van Onselen verduidelik dat daar in die omgewing van Hattingh- en Weyersstraat oor die algemeen swak waterdruk is. Dit is glo omdat daar baie meer ontwikkeling in die area is en dit in die hoëliggende deel van Bailliepark is. “Ek het ‘n ingenieur gekry om te kom kyk wat aan die probleem gedoen kan word. Daar is oplossings, maar dit kos geld en ons almal weet die munisipaliteit is in ’n finansiële krisis,” het sy gesê. Volgens Van der Walt het ’n klomp klein dinge aanleiding gegee tot die probleem met die reservoir.
“Met die hitte gebruik mense baie meer water. Twee pompe was ook vir ’n kort rukkie af.

Na aanleiding van ‘n Whatsapp stemboodskap sal Bailliepark, dele van Grimbeekpark en dele van Van der Hoffpark se water van Vrydag (12 Oktober) afgesit word sodat die munisipaliteit die probleem kan oplos. As dinge volgens plan verloop behoort alles teen Saterdagaand weer terug na normaal keer.

Hoewel daar sprake was van waterbeperkings in die area tot die probleem opgelos is, het die munisipaliteit teen druktyd nie op die Herald se navrae gereageer nie.

Related Articles

Back to top button