Mishandelde hondjie is reg vir aanneming

Mense wat belangstel om die hond ’n tweede kans te gee, kan na hom gaan kyk by PAWS in Viljoenstraat 2. Gewone aannemingskostes geld.

’n Hondjie van sowat vier maande oud, is verlede week deur Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) by ’n huis in Promosa gevind waar hy aan ’n tou in die erf vasgebind en byna verwurg was.

Volgens PAWS inspekteur Elloise Rootman het ’n vrou PAWS verlede Dinsdag (18 September) geskakel en gevra dat hulle iemand na haar huis toe sal stuur omdat sy vermoed haar jong Duitse herdershond-kruising siek is.

Met aankoms het die personeellid van PAWS gesien die hond het ’n tou om sy nek wat so styf vasgebind is dat die hond besig was om te verwurg.

Die wond wat om die hond se nek was.

PAWS moes die tou van die hond afknip en het die hond die volgende dag geneem. ’n Erge wond het om die hond se nek gevorm soos wat die tou in sy nek ingesny het.

Volgens Rootman is die hondjie reeds met die tou vasgebind vandat hy ’n babahondjie was. Sy sê die hond is baie liefdevol en het haar oorval met opgewondenheid toe sy na die huis toe is om die hond weg te neem.

“Die vrou het toe vir my gesê dat hulle die hond vasgebind het omdat hy so wild is, maar die hond wou net speel,” sê sy. Die hond is Donderdag deur dr. Stallone Terrera van PAWS behandel en is nou gereed om aangeneem te word.

“Hy wond word mooi gesond. Hy is ’n baie vriendelike, spelerige hondjie,” sê Rootman.

Mense wat belangstel om die hond ’n tweede kans te gee, kan na hom gaan kyk by PAWS in Viljoenstraat 2. Gewone aannemingskostes geld.

Exit mobile version