Bome veroorsaak glo dat straatligte nie werk nie

Die munisipaliteit sê bome is een van die oorsake waarom straatligte stukkend is. ’n Inwoner van Suidstraat sê die straatligte in hul straat brand selde.

Die munisipaliteit sê bome is een van die oorsake waarom straatligte stukkend is. ’n Inwoner van Suidstraat sê die straatligte in hul straat brand selde.

Volgens hom woon baie bejaardes in daardie deel en dit hou ’n groot veiligheidsrisiko vir hulle in. Boonop staan die huis langs hom leeg, en is dit pikdonker in die nag.

“Ons is al moedeloos. Ons meld dit gereeld aan maar niks help nie,” sê hy.

Volgens Willie Maphosa, woordvoerder van die munisipaliteit, het hul elektriese-afdeling reeds verskeie klagtes ontvang oor straatligte wat nie werk nie in Miederpark en meer spesifiek Suid- en Paulstraat.

Hy sê bome veroorsaak kortsluitings en die elektriese-afdeling sal die snoei van bome in daardie area prioritiseer om die probleem op te los.

Hy sê in sommige strate is bome nie die probleem nie, maar die munisipaliteit sal die oorsaak van die kortsluitings hier ondersoek.

Exit mobile version