NewsNews

Nuwe Adjunk-Visekanselier vir Potchefstroomkampus

Prof Daryl Balia, uitvoerende dekaan van die NWU se Fakulteit Teologie, gaan die leisels as as Adjunk-Visekanselier: Toegewysde Funksies en Kampusbedrywighede op die Potchefstroomkampus oorneem by prof Fika Janse van Rensburg, wat sy termyn aan die einde van 2018 voltooi.

Prof Daryl Balia, uitvoerende dekaan van die NWU se Fakulteit Teologie, gaan die leisels as as Adjunk-Visekanselier: Toegewysde Funksies en Kampusbedrywighede op die Potchefstroomkampus oorneem by prof Fika Janse van Rensburg, wat sy termyn aan die einde van 2018 voltooi.

Prof Balia se aanstelling is vir ’n vaste termyn van vyf jaar, met ingang van 1 Januarie 2019.
Prof Balia, ’n gesoute kerkhistorikus, is vroeër vanjaar as uitvoerende dekaan by die NWU aangestel. Sy luisterryke loopbaan sluit onder andere in dat hy die dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Durban-Westville was (waar hy die Sentrum vir Konstruktiewe Teologie begin het); dat hy die internasionale direkteur by die Universiteit van Edinburgh was; asook die direkteur van institusionele beplanning, transformasie en gehalteversekering van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Vrystaat.
Hy het ook as afdelingshoof vir beheer by die Instituut vir Sekerheidstudies in Kaapstad, as die algemene sekretaris vir die International Association for Religious Freedom in die Verenigde Koninkryk, en as die hoofdirekteur vir die Openbare Dienstekommissie gedien.
Prof Balia het omvattende ervaring in projekbestuur, wat insluit dat hy aan die voorpunt van die organisering van nasionale en internasionale gebeurtenisse is. Hy het reeds verskeie boeke en verslae gepubliseer en het talle artikels en boekhoofstukke in ander publikasies bygedra.
Dr Bismark Tyobeka, voorsitter van die NWU Raad, het prof Balia met sy aanstelling gelukgewens en hom alles van die beste vir hierdie nuwe uitdaging toegewens.

Related Articles

Back to top button