Vyf roof man in Wandellaan

'n Man is Saterdagmiddag (22 September) omstreeks 14:00 deur vyf mans in die Wandellaan beroof.

‘n Man is Saterdagmiddag (22 September) omstreeks 14:00 deur vyf mans in die Wandellaan beroof. 

Volgens Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die man deur die vyf verdagtes voorgekeer. 

“Hulle het hom gegryp waarna hulle kontant geëis het,” vertrel Manyoba. 

Een verdagte het die man met ‘n mes gedreig terwyl die ander verdagtes hom deursoek het. Hulle het sy selfoon gesteel waarna hulle te voet gevlug het. 

Volgens Manyoba is nog niemand in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van rooftog word ondersoek.

Exit mobile version