Paramedici vind fetus van seuntjie in rioollyn

Die fetus van 'n seuntjie is gisteroggend (25 September) omstreeks 11:30 in 'n rioollyn van 'n kompleks in Gerrit Maritzstraat gevind.

Die fetus van ‘n seuntjie is gisteroggend (25 September) omstreeks 11:30 in ‘n rioollyn van ‘n kompleks in Gerrit Maritzstraat gevind. 

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het ‘n loodgieter die gru-vonds gemaak nadat hy uitgeroep is om ‘n geblokte rioollyn oop te maak.  

“Ongelukkig was daar niks wat paramedici kon doen nie,” het Meiring gesê. 

Die polisie was op die toneel en ‘n saak van verberging van geboorte word ondersoek. 

Die Herald het betroubaar verneem dat die fetus lyk of dit al ongeveer vyf maande oud was voor dat aborteer is. 

https://www.nbcarsales.co.za/
Exit mobile version