NewsNews

GPF-sentrum op Bult kom direk na Aardklop

Die Potch-Tlokwe Sakekamer het met hul gholfdag op 30 Augustus ’n allemintige R100 000 ingesamel vir die oprigting van die Gemeenskap Polisiëringsforum-sentrum wat in Cachetpark op die Bult opgerig gaan word.

Die Potch-Tlokwe Sakekamer het met hul gholfdag op 30 Augustus ’n allemintige R100 000 ingesamel vir die oprigting van die Gemeenskap Polisiëringsforum-sentrum wat in Cachetpark op die Bult opgerig gaan word.

Volgens mnr. Malan le Roux, voorsitter van dié forum, gaan die oprigting van die sentrum net na Aardklop begin. Dit gaan onder meer deur die polisie en ander veiligheidsinstansies gebruik word om die Bult ’n veiliger omgewing te maak. Ander instansies het ook geld daarvoor geskenk, sê hy.
Die voorsitter van die Sakekamer, mnr. Bennie Groenewald, sê die geweld en misdaad op die Bult is ‘n groot bekommernis, spesifiek vir studente. Hy sê die Sakekamer het dit ter harte geneem.
“Die Bult was nog altyd die trots van Potchefstroom waar studente, toeriste en feesgangers kon gaan om hulself te geniet en daarom is dit vir ons belangrik om die Bult te beveilig en sy reputasie ten volle te herstel.”
Die Sakekamer het sowat ‘n jaar gelede begin om geld in te samel vir ‘n Gemeenskap Polisiëringsforum-sentrum wat oorkant Absa in Cachetpark opgerig gaan word.
‘n Groot aantal besighede het die gholfdag ondersteun.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button