Rowers bind bejaarde vas tydens huisroof

'n Bejaarde man en sy huishulp is vanoggend (23 Augustus) omstreeks 09:30 in die man se huis in Kanaalstraat tydens 'n huisroof oorval en vasgebind.

‘n Bejaarde man en sy huishulp is vanoggend (23 Augustus) omstreeks 09:30 in die man se huis in Kanaalstraat tydens ‘n huisroof oorval en vasgebind. 

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, blyk dit dat twee mans toegang tot die huis deur ‘n venster verkry het. 

“Die twee mans het die slagoffers verras waarna hullle vasgebind is. Volgens die slagoffers het hulle nie gesien dat die mans gewapen was nie,” sê hy. 

Die twee verdagtes het juwele en selfone gesteel voor hulle te voet gevlug het. 

“Gelukkig is niemand beseer nie, beide slagoffers is deur paramedici van ER24 vir skok behandel. 

 

Exit mobile version