Voetganger dood na trok op N12 hom tref

'n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat 'n voetganger op die N12 dood is nadat 'n trok hom getref het.

‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ‘n voetganger op die N12 dood is nadat ‘n trok hom getref het. 

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is hulle Woensdag (15 Augustus) omstreeks 15:00 na die toneel uitgeroep. Hulle het ‘n man in die pad aangetref. ‘n Wit trok met ‘n blou sleepwa het ‘n paar meter van die lyk af gestaan. 

Volgens die bestuurder van die trok was hy op pad van Klerksdorp af toe die man voor hom ingeloop het. 

Die man is intussen deur sy familie as Matlomola Molatide (28) identifiseer.

Exit mobile version