Skoolseun steel selfoon uit vrou se hand

'n Skoolseun het glo Vrydag (17 Augustus) omstreeks 16:00 'n vrou se selfoon uit haar hand gegryp.

‘n Skoolseun het glo Vrydag (17 Augustus) omstreeks 16:00 ‘n vrou se selfoon uit haar hand gegryp. 

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die vrou by ‘n inkopiesentrum in Riverstraat se parkeerterrein op haar selfoon gepraat. Kort nadat sy die oproep beëindig het, het skoolseun haar selfoon uit haar hand gegryp en gevlug. 

“Volgens die slagoffer het die seun ‘n wit hemp en grys skoolbroek aangehad,” het Chaka gesê. 

Volgens hom is nog niemand in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van gewone roof word ondersoek. 

Chaka het inwoners gemaan om hulself nie sagte teikens te maak deur in die straat op selfone te praat nie.

Exit mobile version