Rower dreig vrou met mes in Reitzstraat

'n Vrou is Sondag (19 Augustus) in Reitzstraat omstreeks 17:30 van haar selfoon beroof.

‘n Vrou is Sondag (19 Augustus) in Reitzstraat omstreeks 17:30 van haar selfoon beroof. 

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die vrou en haar vriendin in Reitzstraat geloop. Hulle het twee mans aan die oorkant van die straat gesien, waarna een van die mans die twee genader het. 

“Die man het die een vrou se hand gevat en haar met ‘n mes gedreig. Hy het daarna haar selfoon geëis en te voet gevlug.

Volgens Chaka is nog niemand in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van roof word ondersoek. 

Exit mobile version