Grypdief slaan in Retiefstraat toe

'n Grypdief het Donderdag (16 Augustus) omstreeks 18:00 'n man se selfoon in Rivierstaat gesteel.

‘n Grypdief het Donderdag (16 Augustus) omstreeks 18:00 ‘n man se selfoon in Rivierstaat gesteel. 

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die man in Retiefstraat parkeer. 

“Toe hy uit sy kar klim het hy sy selfoon in sy hand gehad,” verduidelik Chaka. 

Die slagoffer het twee mans aan die ander kant van die pad gesien waarna een van die mans hom genader het. 

Dié man het die slagoffer se selfoon gegryp waarna albei mans te voet gevlug het. 

“Hulle het in die taxi-staanplek verdwyn. Nog niemand is in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van gewone roof word ondersoek,” het Chaka gesê. 

Hy het inwoners gemaan om hulself nie sagte teikens te maak deur met selfone oop en bloot in die straat te loop nie. 

Exit mobile version