Gewapende rowers steel selfoon in Goudstraat

Twee gewapende rowers het Sondag (19 Augustus) omstreeks 01:00 'n man met 'n vuurwapen gedreig waarna hulle hom van sy selfoon beroof het.

Twee gewapende rowers het Sondag (19 Augustus) omstreeks 01:00 ‘n man met ‘n vuurwapen gedreig waarna hulle hom van sy selfoon beroof het. 

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die man op pad na sy huis toe hy deur twee mans in ‘n grys voertuig genader is. Een van die mans het hom met ‘n vuurwapen gedreig. Nadat die slagoffer sy selfoon oorhandig het, het die rowers gevlug. 

“Die voertuig is aan die linkerkant beskadig. Nog niemand is in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van gewapende roof word ondersoek,” het Chaka gesê.  

Exit mobile version