NewsNews

Man vas na hy deur steel

‘n Man is Sondagmiddag (12 Augustus) omstreeks 17:00 in hegtenis geneem nadat hy twee houtdeure en ‘n traliehek in Piet Cronjestraat gesteel het.

‘n Man is Sondagmiddag (12 Augustus) omstreeks 17:00 in hegtenis geneem nadat hy twee houtdeure en ‘n traliehek in Piet Cronjestraat gesteel het.

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die eienaar van die huis Mooirivier Beskerming geskakel, nadat hy besef het dat twee deure en ’n traliehek by sy huis gesteel is. Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die eienaar die twee mans tot in die taxistaanplek agtervolg, waarna hy Mooirivier Beskerming geskakel het. Die eienaar het die gesteelde goedere uitgewys waar dit agter op ‘n bakkie gelê het. Sekuriteitsbeamptes het die man voorgekeer en die polisie ontbied. Die man het probeer om weg te hardloop, maar is vinnig deur Mooirivier Beskerming in Autolaan vasgetrek. Hy is daarna in hegtenis geneem. Volgens Manyoba is die gesteelde goedere aan die eienaar terugbesorg.
Daar was vermoedelik nog ‘n man by die diefstal betrokke. ‘n Klag van diefstal word ondersoek.

Related Articles

Back to top button