Vrou langs die pad verkrag

'n Vrou is Sondagoggend (12 Augustus) omstreeks 02:00 langs die Lindequesdrifpad verkrag.

‘n Vrou is Sondagoggend (12 Augustus) omstreeks 02:00 langs die Lindequesdrifpad verkrag.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die vrou van ‘n kuierplek af op pad huis toe. ‘n Man het haar van agter af gegryp waarna hy haar begin wurg het.

Die man het haar langs die pad vas gedruk waar hy haar begin verkrag het.

“Die man het geskrik vir ‘n voertuig wat verby gery het. Hy het weg gehardloop en probeer wegkruip,” het Manyoba gesê.

Alhoewel die man probeer wegkruip het, het die polisie daarin geslaag om hom vas te trek. Hy is steeds in aanhouding en ‘n saak van verkragting word ondersoek.

Exit mobile version