Man vir dood gelos na skietery

'n 38-jarige man is Donderdagaand langs die pad op die N14 op pad Boskop toe, gelos nadat hy twee skietwonde opgedoen het.

‘n 38-jarige man is Donderdagaand langs die pad op die N14 op pad Boskop toe, gelos nadat hy twee skietwonde opgedoen het.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die man omstreeks 20:00 langs die pad gestop nadat sy voertuig gaan staan het. Volgens haar het daar ‘n wit quantum bussie verby gery wat op die man begin skiet het.

Hy is in die bors en maag raak geskiet.

“Gelukkig kon hy daarin slaag om die nooddienste te ontbied wat hom na Ventersdorp hospitaal geneem het waar hy tans nog aansterk,” het Manyoba gesê.

Volgens haar is dit nog onduidelik wat die motief agter die skietery was. Nog niemand is in hegtenis geneem nie maar ‘n saak van poging tot moord word ondersoek.

 

Exit mobile version