N12 naby Westonaria gaan toe wees

'n Gedeelte van die N12 naby Westonaria gaan vandag (6 Augustus) gesluit wees.

‘n Gedeelte van die N12 naby Westonaria gaan vandag (6 Augustus) gesluit wees.

Volgens ‘n verklaring van Harmony Gold sal die kruising by Hilmastraat en die N12 naby die Nufcor ingang tussen 11:30 en 14:30 gesluit wees.

Dit is weens ‘n oefening wat in samewerking met die polisie, verkeer en ambulansdienste gedoen word.

Die oefening sal jaarliks gedoen word om Nufcor se gereedheid rondom ongelukke van voertuie wat gevaarlike materiaal, soos uraan produkte, vervoer te toets.

Mense word versoek om in dié tydperk alternatiewe roetes te gebruik.  

Exit mobile version