NewsNews

Meer as ses rooftogte die afgelope week in Potch sentraal

Rooftogte het die afgelope week in veral Potchefstroom se sakekern erg toegeneem. Volgens kapt. Mvula Chaka is daar meer as ses voorvalle van roof by die polisie aangemeld.

Rooftogte het die afgelope week in veral Potchefstroom se sakekern erg toegeneem. Volgens kapt. Mvula Chaka is daar meer as ses voorvalle van roof by die polisie aangemeld.

Saterdag 28 Julie omstreeks 01:00 is ’n man in Wallisstraat deur drie mans met messe gedreig en van sy selfoon en horlosie beroof.

Later die middag, om 13:20, is ’n man in sy motor beroof waar dit by ’n parkeerarea in Sol Plaatjielaan geparkeer was. Hy was besig met sy selfoon toe een man sy aandag afgetrek en nog een sy selfoon gegryp het.

Sondag 29 Julie omstreeks 21:30 is ’n man in Walter Sisululaan aangerand en beroof. Drie mans het kontant en die skoene wat hy aangehad het, gesteel.

Maandag 30 Julie omstreeks 11:00 is ’n vrou in New Marketstraat van haar selfoon en beursie beroof toe sy by ’n winkel uitgestap het.

Omstreeks 14:00 dieselfde dag is ’n man van sy selfoon beroof toe hy uit ’n winkel in James Morokalaan geloop het.
Om 18:00 Maandagaand is ’n vrou ook deur drie mans in Beyers Naudelaan van haar selfoon beroof.

Volgens kapt. Chaka vermoed die polisie dat die rooftogte deur dieselfde groep mense gepleeg word.
Daar is altyd ’n groep van twee tot vier mans wat in die omgewing van veral die sakekern rondloop en sagte teikens soek om te beroof.

Chaka waarsku dat veral afgeleë strate vermy moet word en om nie met jou selfoon in jou hand te loop nie.
Vermy dit ook om met vreemdelinge te praat, want dit is hoe hulle jou aandag aftrek voordat die rooftog plaasvind.
Hy glo dat hulle binnekort die misdadigers sal vastrek.

Related Articles

Back to top button