NewsNews

Waar? By Grimbeekpark basaar

Hierdie is die een geleentheid vanjaar wat niemand mag misloop nie!

Die jaarlikse basaar van die Hervormde gemeente Grimbeekpark word op Saterdag 4 Augustus gehou.

Hierdie is die een geleentheid vanjaar wat niemand mag misloop nie!
Vanaf 09:00 gaan die terrein op die hoek van Zeederberg- en Akasiastraat in Grimbeekpark ’n miernes van bedrywighede wees! Oud en jonk, groot en klein, ja almal kan hier kom eet en geniet en heerlik saamkuier. Die kinders kan hulle gate uit geniet in Pretland met speletjies te kus en te keur!

Kom toets jou vernuf met skyfskiet en kettie-skiet. Kyk hoe lank jy kan bly sit op die meganiese bul en kleur daarna jou hare of verf jou gesig. Die muurklim, ‘space-rocket’ en ‘foefie-slide’ gaan die jonges se asem laat jaag! Die kindertent is elke kind (en grootmens-kinders) se soettand-hawe! Trompoppies, balletdansers en ritmiese gimnaste gaan sorg vir aanskoulike vermaak deur die loop van die oggend.
Skryf ook jou gunsteling foto met die tema Seisoene van die Lewe in en wen groot pryse!

Die vleistafels gaan kreun onder kwaliteit vleis teen baie billike pryse. Daar sal iets te ete wees vir elke smaak: Kerrie en rys, pannekoek, worsbroodjies, wors op ’n stok, warm skyfies, jaffles, vetkoek, gaar wors, hoenderburgers, sosaties en natuurlik smaaklike basaarpoeding! Vir die kieskeurige basaargangers is die plaaskombuis en boekestalletjie ’n moet-beleef! ’n Keurige koffiekroeg met heerlike gebak daarmee saam bied rusplek tussen al die rondloop deur.

Related Articles

 
Back to top button