NewsNews

“Musiek is my opium”

In die hart van Potchefstroom is daar ‘n allemintige plateversameling wat die oë laat rek en die ore laat jubel. Met oor die 2 000 plate in sy besit, het die bekende en energie Potchefstromer en voormalige rugby league Springbok, Jan Prinsloo (82), sy kantoor in ‘n spreekwoordelike amfiteater omskep. Musiek van oor die hele …

In die hart van Potchefstroom is daar ‘n allemintige plateversameling wat die oë laat rek en die ore laat jubel.
Met oor die 2 000 plate in sy besit, het die bekende en energie Potchefstromer en voormalige rugby league Springbok, Jan Prinsloo (82), sy kantoor in ‘n spreekwoordelike amfiteater omskep.

Musiek van oor die hele aardbol is hier te vind wat beide bekende en onbekende juweelstukke insluit. Klassiek, ligte klassiek, populêre musiek, operas en verskeie rolprentklankbane is net ‘n paar van die genres wat hier uitgestal is.

“Hierdie versameling het so ‘n groot verskeidenheid wat jou in verskillende gemoedstoestande kan sit. Dit is verteenwoordigend van musiek en kunstenaars vanuit die hele wêreld. ‘n Mens sal ‘n dag moet vat om net ‘n klein smakie van alles te kry,” vertel Prinsloo wat die hele katalogus van die versameling noukeurig op sy rekenaar aangeteken het.

Jan Prinsloo vertel meer oor sy indrukwekkende musiekversameling

Prinsloo het sowat tien jaar gelede plate begin versamel en al gee hy homself nie as ‘n professionele kenner in die musiekwêreld voor nie, is sy nuuskierigheid en lus vir die lewe ‘n groot aansporing.

“Ek reken hierdie versameling kan op ongeveer R500 000 geraam word. Musiek is vir my ‘n vorm van kommunikasie. Dit gaan dieper as net plate versamel. Dit is ‘n totale sensoriese ervaring vir my om musiek te luister en waar ek dan kan rustig raak.”

Die tenore, Richardt Tauber, Richard Crooks en Luciano Pavarotti gryp Prinsloo se verbeelding juis aan met die beroemde Mario Lanza wat sy hoofvoorkeur is.

“Hier is ook alles van die fluweelstem van Nat King Cole, ons eie Mimi Coertze, sowel as die boeremusieklegende, Nico Carstens en ‘n klankbaan van 1970 toetswedstryde tussen die Springbokke en die All Blacks,” brei Prinsloo uit.
Ander bekendes soos Edith Piaf, Elvis Presley, Erna Zack en Magda Hein het ook ‘n spesiale plek in Prinsloo se robuuste versameling.

Wel nes ‘n langspeelplaat wat uit twee kante bestaan, het Prinsloo ook ‘n musikale sy, waarin hy ware vreugde en geluk bevind.

“Hierdie is my toevlugsoord en my musieknessie waar ek terug in tyd kan gaan. Dit is ‘n nostalgieroete vir my hier en ek dink mense ken nie noodwendig hierdie rustiger sy van my nie. Dit is hier waar ek na goeie herinneringe kan terugkyk met behulp van strelende musiek,” sê Prinsloo, wat so in die vertel ‘n nuwe plaat op sy Blaupunkt platespeler sit wat uit 1966 dateer.
“Hierdie is een van my gunsteling plate wat die klanke van die see met behulp van die strykinstrumente uitbeeld. Ek ontspan altyd lekker in my stoel as ek hierdie een opsit. Musiek praat met my siel.”

Prinsloo se top 15 gunstelinge:

•Mario Lanza
•Giuseppe Valdango (tenoor, Weense liedere)
•Helge Rosvaenge (Weense liedere)
•Marcel Wittsrisch (Weense liedere)
•Die Weense gebore Hilde Gueden (soprano) wat meesterlik “This is my Vienna” sing.
• Alexander Uninsky se klavierkonsert: (Chopin werke)
•Tito Schipa (Italiaanse tenoor)
•Opname van Rossini, Franz Liszt en tenore
•Beniamino Gigli
•Richard Tauber
•Jussi Bjoerling (tenoor)
•Richard Crooks
•Jan Peerce

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button