NewsNewsUpdate

Moordenaar van oud-Gimmie na vyf jaar gevonnis

'n Jong vrou (19) wat skuldig bevind is aan die moord op ‘n 16-jarige Gimmie-leerling in 2016 is Woensdag 25 Julie in die streekhof in Potchefstroom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

‘n Jong vrou (19) wat skuldig bevind is aan die moord op ‘n 16-jarige Gimmie-leerling in 2016 is Woensdag 25 Julie in die streekhof in Potchefstroom tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. 

Die leerling, Andrew-Nisha Freeks, is in 2016 met ‘n mes gesteek en het later in ‘n kliniek aan haar wonde beswyk. 

Die beskuldigde was 17 jaar oud ten tyde van die misdaad en daarom word haar naam weerhou.

Die Herald het in Desember 2016 berig dat drie meisies een van Nisha se vriendinne na ’n parkie toe geroep het oor iets wat een van die vriendinne gesê het.
Nisha het twee van haar vriendinne na die parkie vergesel.
Nisha het glo probeer help om die situasie te ontlont, waarna ’n argument tussen die meisies ontstaan het.

‘n Bakleiery het tussen die meisies ontstaan en die beskuldigde het ’n mes uitgehaal en Nisha gesteek. Sy en ander meisies het daarna van die toneel gevlug. Nisha se vriendinne het haar huis toe geneem, maar sy het op pad na die huis inmekaar gesak. “Ek het vir haar gesê sy moet kom, maar sy het net vir my gesê ek kan nie meer nie,” het die vriendin vertel. Sy is na die kliniek geneem waar sy oorlede is.

 Volgens Andrew Freeks, Nisha se pa, is hy en die familie baie ontsteld oor die vonnis. 

“Ek het my kind verloor. Al die bewyse was daar. Selfs ‘n video van wat gebeur het. Dit is swak, regtig swak,” vertel Freeks. 

As versagtende omstandighede vir die beskuldigde is geargumenteer dat sy nog minderjarig was ten tyde van die voorval en dat dit haar eerste oortreding is.

Omdat sy minderjarig was ten tyde van die misdaad is die minimum vonnis vir moord nie van toepassing nie, het die Herald verneem.

Sy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. 

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/26780/gimmie-leerder-dood-na-messteek-2/

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button