Skote nie nuwe rooftog in Lupinestraat

Skote wat vanoggend (24 Julie) omstreeks 10:00 in Lupinestraat gehoor is is glo deur die inwoner van die huis self afgevuur.

Skote wat vanoggend (24 Julie) omstreeks 10:00 in Lupinestraat gehoor is is glo deur die inwoner van die huis self afgevuur. 

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hul met hul ondersoek vasgestel dat die eienaar vermoed het daar vreemdes op die eiendom is, maar dit het geblyk nie die geval te wees nie.  Daar word volgens hom dus na geen verdagtes gesoek nie en die omgewing is veilig.

Die polisiehelikopter is ook ontbied om seker te maak dat die area veilig is.

Die voorval het by dieselfde huis gebeur waar daar Vrydag ‘n rooftog plaasgevind het. 

Vier verdagtes is in verband met dié rooftog Vrydag in hegtenis geneem. Die verdagtes het Maandag in die hof verskyn. 

Lees meer oor die rooftog in vandeesweek se Herald. 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version