Agriworks landbou ekspo om die draai

Die jaarlikse Agriworks Landbou Ekspo word weer op Donderdag 26, Vrydag 27 en Saterdag 28 Julie by die Trimpark agter Mooirivier Mall aangebied.

Die jaarlikse Agriworks Landbou Ekspo word weer op Donderdag 26, Vrydag 27 en Saterdag 28 Julie by die Trimpark agter Mooirivier Mall aangebied.
Vanjaar is daar twee nuwe byvoegings: Twee halfdag seminare (Farmers Indaba) wat op die produksie en groei van saai- en veeboere fokus en ’n uitstalling van die Departement READ.
Boere van die omgewing word genooi om die nuutste landbou implemente, toerusting en dienste te kom besigtig en gebruik te maak van die spesiale ekspo-pryse en aanbiedinge. Die algemene publiek is ook baie welkom en almal word genooi om ’n feestelike atmosfeer te kom geniet met lekker musiek, interessante uitstallings en heerlike eet- en drinkgoed. Die ekspo sal daagliks oop wees van 09:00 tot 16:00. Toegang is R20 per persoon en kinders onder 18 jaar kom gratis. Kaartjies is beskikbaar by die Trimpark se hek op die dag van die ekspo. Veilige parkering word ook voorsien.
Ondernemings wat belangstel om hul produkte en dienste uit te stal, kan hul staanplekke nou reeds bespreek.
Kosstalletjies kan bespreek word teen R750+BTW per kosstalletjie.
Besoek www.agriworks.co.za of skakel die organiseerder, CADEK Media by (021) 854 4700 vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version