Man en vrou vasgebind tydens gewapende roof

ń Man en vrou is vanoggend (14 Julie) in hulle huis in Malvastraat vasgebind nadat ses mans hulle oorval het.

ń Man en vrou is vanoggend (14 Julie) in ń huis in Malvastraat vasgebind en beroof nadat ses mans hulle oorval het.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier beskerming, is dié sekuriteitsmaatskappy deur bure ontbied na die toneel toe.

Volgens hom was vyf van die mans met vuurwapens gewapen. Die mans het ń bakkie en verskeie elektroniese toestelle gesteel waarna hulle in die gesteelde voertuig gevlug het.

Die polisie het intussen die bakkie naby Fochville opgespoor. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Lees meer in volgende week se Herald

 

Jong man (19) slagoffer van gewapende roof

Skolier slagoffer van gewapende roof

Exit mobile version