Vals verkeersbeamptes kaap man langs N12

’n Man is op Vrydag 6 Julie deur mans wat hulle as verkeersbeamptes voorgedoen het, gekaap.

’n Man is op Vrydag 6 Julie deur mans wat hulle as verkeersbeamptes voorgedoen het, gekaap.

Volgens polisiewoordvoerder, ao. Mpho Manyoba, het die man Vrydagmiddag omstreeks 12:00 van Potchefstroom na Stilfontein gery. Toe hy by die laaste afdraai na Ikageng kom, het die mans vir hom gewys dat hy van die pad af moet trek.

Die man het aan die polisie gesê dat die mans ’n blou lig op hul voertuig gehad het en dat hulle uniforms soos die wat verkeersbeamptes dra, aangehad het.

Die man het afgetrek en na sy rybewys begin soek. Die motordeur aan die passasierskant was nie gesluit nie. Toe die man opkyk, het een van die ‘verkeersbeamptes’ die deur oopgemaak en ’n vuurwapen op hom gerig.

Van die mans het saam met hom in die motor geklim en met hom na ’n onbekende plek gery, waar hulle hom afgelaai het. Hulle het daarna met sy motor weggery.

Volgens Manyoba is niemand nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek die voorval.

*Woordvoerder van die JB Marks munisipaliteit, Willie Maphosa, sê dat hulle geen kennis van die voorval dra nie.

Exit mobile version