NewsNewsBreaking News

Eienaar in tronk na hond man byt

Die eienaar van 'n Amerikaanse veghond is gisteraand (12 Julie) in hegtenis geneem nadat sy hond 'n man gebyt het.

Die eienaar van ‘n Amerikaanse veghond is gisteraand (12 Julie) omstreeks 21:00 in Walter Sisulustraat in hegtenis geneem nadat sy hond ‘n man gebyt het.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier beskerming, was dié sekuriteitsmaatskappy op patrollie waarna hulle man gesien, het wat erg beseer was.

“Die man het bevestig dat hy deur ‘n hond gebyt is. Later het die polisie die eienaar van die hond in hegtenis geneem en die hond is deur Paws gevat,” het Haefele gesê.

Mooirivier het ER24 ontbied wat die man hospitaal toe geneem het vir verdere behandeling.

ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder,  het die voorval bevestig. Volgens haar is dit nog onduidelik wat daartoe gely het dat die hond die man gebyt het.

Volgens Herman van der Sluis, bestuurder van Paws, is die hond baie rustig.

“Die 42 jarige eienaar is steeds in aanhouding op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer,” het Manyoba gesê.

Lees meer in volgende week se Herald.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button