NewsNews

Mooirivier Versorging, hier vir die wat nie self kan nie

Polokeho is ‘n gevestigde geregistreerde besigheid met geregistreerde personeel wat sorg vir bejaardes wat met Alzheimers of demensie gediagnoseer is.

Wat is Alzheimers en demensie?
Alzheimers is ‘n soort demensie wat probleme met die mens se geheue, denke en gedrag veroorsaak. Simptome ontwikkel gewoonlik stadig en word vererger met verloop van tyd. Dit word ernstig genoeg om die persoon se daaglikse take te versteur.
In die vroeë stadiums is die geheueverlies lig, maar in die laaste stadium van Alzheimers verloor individue die vermoë om ‘n gesprek aan te gaan, om na hulself om te sien, vergeet wie hulle is en vergeet ook wie hul geliefdes is.

“Dit is waarom ons hier is, om vir hulle liefde en deernis te gee,” sê Benitta Griesel. Volgens haar is die doel van Polokeho om te sorg vir diegene wat ons een keer versorg het.

Ouer mense word aangemoedig om so lank as moontlik as onafhanklike lede van die gemeenskap te leef.
Mooirivier Versorging wat handel as Polokeho, is ‘n nie-winsgewende organisasie in Malherbestraat 59 in Potchefstroom.

Mooirivier Versorging wat handel as Polokeho.

Polokeho is ‘n gevestigde geregistreerde besigheid met geregistreerde personeel wat sorg vir bejaardes wat met Alzheimers of demensie gediagnoseer is.
Hoewel hul hooffokus Alzheimers of demensie is, doen hulle ook verswakte sorg sowel as kankerpasiënte.
Daar word slegs 14 pasiënte ingeneem, sodat elkeen afsonderlike liefde, sorg en aandag kan geniet.
Polokeho se dienste sluit in:
• om die uur residensiële sorg
• alle etes
• wasgoeddiens
• mobiliteitstimulasie
• 24 uur verpleegsorg
• ‘n huislike omgewing
Mooirivier Versorging wil graag vir Anita van FNB baie dankie sê vir al die skenkings en omgee wat ontvang is.
Skakel gerus vir suster van Wyk by 083 561 6201 of 087 1700 948 vir enige navrae.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button