NewsNews

Slinkse dief steel selfoon onder haarkapper se neus

’n Man en vrou wat hulle as potensiële kliënte voordoen, het op 29 Mei ’n haarkapper se selfoon onder haar neus gesteel.

’n Man en vrou wat hulle as potensiële kliënte voordoen, het op 29 Mei ’n haarkapper se selfoon onder haar neus gesteel.
Volgens Ankia Kruger was sy die betrokke dag besig met ’n kliënt toe ’n man en vrou die salon binnegestap het.
“Albei was baie netjies, ek het nogal by myself gedink dat sy ’n mooi vrou is. Sy het uitgevra oor verskillende produkte. Dit het voorgekom asof sy die tipe persoon is wat baie tyd in ’n salon deurbring. Ek het regtig amper so ‘n ‘Sandton’ gevoel gekry,” verduidelik Kruger.
Terwyl die vrou oor produkte uitgevra het, het sy by Kruger se tafel kom staan waar haar selfoon gelê het.
“Die vrou het haar beursie op die tafel neergesit en gesê sy wil net gou nog geld gaan trek. Sy het nooit teruggekom nie,” vertel Kruger.
Kort daarna het Kruger besef haar selfoon is weg. Die vrou het vermoedelik Kruger se selfoon geneem terwyl sy haar beursie van die tafel af geneem het.
“Niemand het dit verwag nie. Ons het Mooirivier Beskerming geskakel en hulle het vir ons gesê dat daar al soortgelyke voorvalle gerapporteer is,” vertel sy.
Die twee se modus operandi is om by besighede in te gaan en terwyl een van hulle die mense se aandag aftrek, neem die ander iets van die toonbank af.
Volgens Kruger was hulle vroeër by ’n eiendomsagent langs die salon waar hulle navraag oor eiendomme gedoen het, maar daar is gelukkig niks gesteel nie.

Related Articles

 
Back to top button