NewsNewsBreaking News

Bejaarde vrou in Gemsbokstraat oorval en beroof

'n Vrou is vanmiddag (20 Junie) omstreeks 16:00 in haar huis in Gemsbokstraat deur drie verdagtes oorval en beroof.

‘n Vrou is vanmiddag (20 Junie) omstreeks 13:00 in haar huis in Gemsbokstraat deur drie verdagtes oorval en beroof.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die drie mans die vrou oorval waarna hulle haar van die voordeur tot in die sitkamer gesleep het. Hulle het  verskeie goedere insluitend selfone gesteel.

“Die vrou was erg geskok gewees, sy is hospitaal toe geneem vir behandeling. Dit blyk nie dat sy meer ernstige beserings opgedoen het nie,” het Manyoba gesê.

Die polisie is steeds besig om die verdagtes te probeer opspoor.

Volgens Manyoba het hulle die gesteelde selfone tot in Carletonville nagespoor waarna die sein dood gegaan het.

“Die polisie is op hulle spoor,” het Manyoba gesê.

In dieselfde tydstip is daar by die huis langsaan ook ingebreek.

‘n Saak van huisroof en een van inbraak word deur die polisie ondersoek.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button