John Wayne film Sondag by Cachetpark te sien

“The Searchers” is ‘n spanningsvolle film met baie intrige en spreek veral die bevooroordeeldheid teenoor verskillende rasse aan.

Sondag 17 Junie se gratis film, “The Searchers”, is ‘n klassieke “Western” met bekende sterre soos John Wayne, Vera Miles en Natalie Wood in die rolverdeling.
Die film speel af net na die Amerikaanse Burgeroorlog toe Ethan Edwards (John Wayne) terugkeer na sy broer se plaas in Texas. Daar is spanning tussen die boere en die Indiaanse Comanche bevolking.

Natalie Wood en John Wayne in die film, “The Searchers”.

‘n Tragedie vind plaas wanneer sy broer se familie uitgewis en sy broerskind, Debbie Edwards (Natalie Wood), ontvoer word. Ethan sweer wraak en gaan op ‘n jarelange soektog om Debbie terug te vind.
“The Searchers” is ‘n spanningsvolle film met baie intrige en spreek veral die bevooroordeeldheid teenoor verskillende rasse aan. Die film is nie voorspelbaar in sy storielyn nie en skep ook nie die stereoptipe karakters wat so deel van die meeste “Western” film is nie.
Diegene wat nog nie “John Wayne” as ‘n geharde “cowboy” gesien het nie, mag nie die film mis nie.
Die film word om 15:00 in lokaal G10 van gebou F2 (Grafiese Ontwerp) by die Noordwes Universiteit vertoon. Toegang is gratis.
Die film word aangebied deur die Potchefstroom Kunsvereniging in samewerking met PUK Kunste en Skool vir Kommunikasiestudies.

Exit mobile version