NewsNewsBreaking News

Drie in Potch vas oor afpersing, doodsdreigemente

Twee mans en ʼn vrou is gister (4 Junie) op aanklag van afpersing en intimidasie in hegtenis geneem.

Twee mans en ʼn vrou is gister (4 Junie) op aanklag van afpersing en intimidasie in hegtenis geneem. Dit kom nadat een van die verdagtes glo ʼn man en sy familie sedert Sondag met die dood gedreig het.

Die slagoffer het dit Maandag by die polisie aangemeld en aangedui dat hy geld aangebied het om van die dreigemente ontslae te probeer raak.

ʼn Polisieoptrede het kort daarna tot die arrestasie van een van die verdagtes gelei.

Later is  ʼn vrou by die Noordwes-Universiteit in hegtenis geneem. ‘n Derde verdagte is by die polisiestasie in hegtenis geneem.

Die drie verskyn môre (6 Junie) in die landdroshof in Potchefstroom.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button