NewsNews

Myan Subrayan hierdie Sondag te sien by NG Potch-Noord

Hy deel sy kragtige getuienis as deel van ‘n storie van hoop vir elke mens. Hierdie Sondag by NG Potch-Noord.

Almal word uitgenooi na die getuienis en boodskap van Myan Subrayan op Sondag 3 Junie om 09:00 by die NG-gemeente Potchefstroom-Noord. Dit is die verhaal van Myan wat in die Hindoe-geloof grootgeword het in Durban, maar wat deur goddelike ingrype sy lewe gedraai het na die God van die Bybel.
Hy is onder meer ook die skrywer van bekende sportmanne in ons land se outobiografieë, naamlik Pierre Spies, Jannie de Beer en Chad le Clos. Hy het verskeie ander boeke ook die lig laat sien wat dié dag na die diens te koop sal wees.
Een van sy twee mees onlangse boeke is getiteld: “‘n Boer maak ‘n plan, maar jy het ‘n Indiër nodig om dit te verkoop,” asook “Tamatiestraat.”

Hy deel sy kragtige getuienis as deel van ‘n storie van hoop vir elke mens.

Die oggend is veral ook gemik op sportmanne en vroue en skole se sportorganiseerders is welkom om hulle spanne uit te nooi om dit by te woon.
Studente van die Puk en die Luiperds Rugbyspan word spesiaal na die oggenddiens genooi.
Dit word by die NG-gemeente Potch-Noord se kerkgebou op die hoek van Silwer- en Meyerstraat (Silwerstraat ingang, regoor ‘Smartieboks’ woonstelle) gehou. Vir nadere besonderhede kan ds. Johan Raubenheimer by 082 377 8539 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button