Strenger rookwet op pad – dit is wat jy kan verwag

Rookareas in publieke plekke sal heeltemal afgeskaf word

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid het op Woensdag 8 Maart voorgestel dat die wetgewing oor die beheer van tabakprodukte streng aangepas moet word. Motsoaledi sê dat die tabakbedryf chaos veroorsaak en het sy haat teenoor die tabakbedryf by die Wêreldkonferensie oor Tabak en Gesondheid (WCTOH) uitgespreek.

Die nuwe wetsontwerp is in April deur die Kabinet goedgekeur en op 9 Mei in die Staatskoerant aangeteken met ʼn tydperk van drie maande waarin die publiek kan terugvoer gee. Hierdie wetsontwerp sluit ook vir die eerste keer die gebruik van elektroniese sigarette. Motsoaledi sê dat  elektroniese sigarette (waarvan die bekendste Vapes is) ook nikotien bevat en die langtermyn-gevolge van die sigarette is onbekend.

Hierdie is wat verwag kan word van die nuwe wetgewing op tabakprodukte:

Die Herald wil graag rokers en nie-rokers se kommentaar oor die nuwe wetsontwerp hoor. Stuur jou mening na marianke.saayman@media24.com

Exit mobile version