NewsNews

Moenie NG Miederpark se karnaval misloop nie

Moet nie hierdie musiekfees van alles feeste misloop 1 Junie.

NG Miederpark gaan Potchefstroom op Vrydag 1 en Saterdag 2 Junie op horings neem met ‘n skouspel van vertonings by hul karnaval.
Op 1 Junie het NG Miederpark ‘n eerste vir Potch met ‘n Musiekfees soos min met groot name soos Arno Jordaan, Charlize Berg, Ray Dylan en Nicholis Louw as hul trekpleister. Hierdie sangsterre gaan Potch behoorlik aan die brand sing.
Dan is Saterdag dié dag vir die jongspan met ‘n spesiale besoek van Lollos en Lettie met hul tien jaar viering. Die vertoning sal oud en jonk laat saamsing en dans. Kom geniet al die grootste Lollos-treffers en stories in die op en wakker vertoning wat terugkyk op tien jaar in die bedryf.


Die gehoor kan uitsien na groot gunstelinge soos Die Krokodille, Die Paddakonsert, Spring op!, Die Kiem en vele meer! Lollos, Lettie, Karla en Disco sal seker maak almal dans heerlik saam. Daar sal ook buiten Lollos en Lettie se optrede ‘n groot verskeidenheid stalletjies wees om in rond te snuffel, met ‘n spesiale kinderhoekie Vrydagaand sodat ma en pa lekker rustig na die kunstenaars kan luister.
Daar is ook baie ander pret beplan vir die kleinspan en selfs ‘n lekkergoedland, trompoppies, ‘n spookhuis en ‘n propvol arenaprogram.
Vir die honger manne en tieners met ‘n eindelose put in hul maag is daar sosaties, boereworsrolle, ribburgers, poeding, plaasstal, potjiekos en pannekoek om van te kies.
Kaartjies vir Vrydag se vertoning is te koop by NG Mierderpark in Aarbeilaan 22 teen R150 per persoon. Die kerkkantoor kan ook geskakel word vir enige verdere navrae by (018) 294 8121.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button