“Hulle is my helde,” sê vrou oor Potchefstromers wat haar beursie vind

"Hulle is my helde," so het 'n vrou van Vanderbijlpark reageer nadat twee Potchefstromers haar verlore beursie aan haar terug besorg het.

“Hulle is my helde,” so het ‘n vrou van Vanderbijlpark reageer nadat twee Potchefstromers haar verlore beursie aan haar terug besorg het.

Monique Venter van Vanderbijlpark is oneindig dankbaar teenoor dié twee Samaritane.
Volgens  haar het sy haar beursie met ID, paspoort en lisensie onlangs in Makro in Vanderbijlpark verloor.
Sy het geglo dat sy dit nie weer sou sien nie. Soos baie Suid-Afrikaners het sy daarna opgesien om al die dokumente te laat vervang.
Min het Venter egter geweet dat twee verpleërs van Witrand Hospitaal reeds besig was om haar te probeer opspoor.
Volgens Peter Mokobane het een van sy kollegas, Barbara Dikgwatlhe, die beursie in Makro opgetel.

“Sy het my gevra om te help om die eienaar op te spoor. Ek het eers by binnelandse sake probeer, daarna het ek Absa geskakel. Dit het bietjie lank geneem en daarom is ek na die koerant toe ook. Ek het selfs die polisie geskakel,” vertel Mokobane.

Ongeveer drie weke nadat sy haar beursie verloor het het die bestuurder van Absa in Potchefstroom haar geskakel.
“Hy het gevra of ek my beursie verloor het. Ek was so bly toe ek dit kon terugkry. Barbara het selfs op haar eie koste alles vir my gekoerier. Ek kan net dankie sê vir hulle barmhartigheid. Mens kry nie meer sulke mense,” sê Venter.
Die Herald het Makobane gevra hoekom hy soveel moeite gedoen het om Venter op te spoor.

Peter Makobane wat vir Venter opgespoor het.

“Dit is soos om ’n selfoon te verloor, jy gee nie om oor die foon nie jy wil die inligting op die foon terug hê. Dit is dieselfde, mens is bekommerd oor proses om die dokumente te vervang. Dit het al met my gebeur, so ek weet hoe dit voel,” het hy bloot gesê.

Potchefstromers staan erg beseerde man by

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version